Saterdag, 15 Desember 2018

Enige iemand wat my ken sal weet dat die natuur baie naby aan my hart lê.  Ek was al sedert ek bykans 30 jaar gelede hier in die Overberg (Bredasdorp) kom vestig het, betrokke by die plaaslike tak van die Botaniese Vereniging van SA totdat ek my aandag na radio gedraai, hier kon ek makliker die boodskap van bewaring oordra.

Fotografie was ook van kleins af ‘n groot belangstelling en niks gee my meer plesier as om die natuurprag van ons area via my fotos met almal te kan deel nie.  Diere speel ook 'n groot rol in my lewe en daar is altyd 'n 'viervoet' wat naby is.

Die gemeenskap is ook vir my baie belangrik en behalwe werk vir die Rooikruis waar ek vir baie jare noodhulp gedoen het, het ek ook radiowerk gedoen om sodoende die gemeenskap beter te kan dien.

My wederhelfte ondersteun my ook in alles wat ek aanpak en julle sal hom leer ken as die Musicman.

Soos almal, geniet ek lekker musiek. Ek sien altyd die glas half vol, en geniet 'n nuwe uitdaging baie, en sit als in om dit te maak werk. Verder geniet ek tuinmaak, of dalk partykeer net die orders uitdeel oor waar die goed geplant moet word. Ek geniet ook goeie geselskap, en 'n goeie rooiwyn, veral langs die vuur terwyl die potjie loop en die boeremusiek speel.  Verder geniet ek my fotografie stokperdjie.

A few words about the broadcaster

Ek is gebore in Oudtshoorn.  My pa was in die SAPD en moes ons heelwat verhuis. Gedurende  my Laerskool dae was my pa gestasioneer in Kraaifontein en het ons Kraaifontein in sy fontein dae binnegeval.

Nadat my pa na gebiede in Kaapstad verplaas is het ons onder andere gewoon in,   Lansdown,   Wynberg en Parow waar ek skoolgegaan het by Hoërskool JJ du Preez.  Dit was lekker ou dae.   Voor my pa afgetree het,  het ons terug verhuis na Kraaifontein.   Ek het by my ouers gewoon totdat ek in 1974 getroud is met SW. 

A.g.v. die tipe werk wat SW gedoen het,  moes hy van tyd tot tyd homself “bevorder” deur gereeld aansoek te doen vir poste en so het ons  die Wes-Kaap deurkruis.  In 1989 verhuis ons na Caledon.   Ons is geseën met drie pragtige kinders.  Twee seuns en ‘n dogter.  My oudste, Schalk, 36jr  en jongste, Elreen, is in Pretoria en Randburg, en die middel seun, Tom, en sy vrou is woonagtig in Durbanville.  Ek kan met trots sê ek het twee kleinkinders.  ‘n Seuntjie, SW, en kleindogter, Amorey.

Ek het 6jr by Sanlam gewerk, daarna was ek huisvrou. Ek’t weer in die arbeidsmark begin en  was vir 10 jaar ‘n mediese ontvangsdame by ‘n praktyk in Moorreesburg.  Toe ons in September 1989 na Caledon verhuis, was ek drie maande ‘werkloos’ en Januarie 1990 het ek begin werk by Laerskool Overberg in Caledon as Skoolsekretaresse.  By die skool was ek ‘n tannie, ‘n mamma en ‘n verpleegster. Weens mediese redes het ek 2012 afgetree en hou ek myself besig met gemeenskapswerk. Ek is lief vir kos maak,  mense onthaal  en hou daarvan om funksies te reël.

Onderwyser van beroep en hou tans skool by sy alma mater, Swartberg Sekondêr.

Betrokke by rugby, van skoolvlak tot provinsiaal, vir meer as 2 dekades. Alombekend as Coach A. Het sy eie sport ontwikkelings ' consultancy' genaamd : rugby sense consultancy. Doen rugby analise op blog van rugby wedstryde, met amper 25000 views. Doen rugby ontwikkeling vir die Overberg Rugby Ontwikkelings Komitee wat ressorteer onder Boland Rugby Unie. Is die High Perormance koördineerder vir die streek, identifiseer en bestuur begaafde spelers. Koördineer die Suncares Sports Akademie vir Tsogo Sun Caledon.

Dien op Overberg Sport Raad, onder die Wes Kaap Departement van Sport en Kultuur, as Commissioner of Coaches. Koördineerder en Projekbestuurder vir die Ashwin Willemse Greensmile Foundation.

A few words about the broadcaster

A few words about the broadcaster

A few words about the broadcaster

A few words about the broadcaster

A few words about the broadcaster

A few words about the broadcaster

A few words about the broadcaster

A few words about the broadcaster

A few words about the broadcaster

A few words about the broadcaster

A few words about the broadcaster

Beter bekend as MusicMan!

A few words about the broadcaster

A few words about the broadcaster

A few words about the broadcaster

A few words about the broadcaster

A few words about the broadcaster

A few words about the broadcaster

A few words about the broadcaster

A few words about the broadcaster

Ek is die gelukkigste mens wat ek ken.  Gebore in Groblersdal, groot geword in Pongola, koshuis-brak op Hoërskool in Vryheid. My nooiensvan is Mong - seker maar die rede waarom ek vroeg getroud is en toe later geskei is. Ek is getroud met Ben, my hart se punt. Ons het vyf kinders. Myne Elri(28), Jonelle(25), syne Monique(32), Riana(28) en Johan(26). Hulle is almal ons sin! Ons het die beste skoonseuns en skoondogter denkbaar! Waldo, Lourens, Bernard, Barend en Machele. Die kinders is oral. Gelukkig het ons van hulle hier by ons in Struisbaai. Die ander is in New Zealand, VSA en Pretoria. Ek was 'n PUK vir 'n rukkie, het 'n kleuterskool gehad. Het in die motorhandel beland waar ek 'n smous en verkoopsbestuurder was. Later vlootverkope by Nissan SA. Ek is "hoog" op die lewe. Vertikaal en bo-gronds nadat ek op 16 moes hoor ek het nie baie tyd oor nie. Vandag het ek 'n paar lang-naam siektes en is op baie sterk medikasie, ondanks die doodsvonnis is ek met Jesus se genade hier. Ek lees graag, my radio is altyd aan en ek probeer maar al wat "art" en "craft" is. Ek is 'n "cheer leader" vir huwelike, kinders, vroue, diere en gelukkig-wees. CFM het my lewe gered nadat ek medies ongeskik verklaar is om te werk.

A few words about the broadcaster

A few words about the broadcaster