TEL: 021 200 2637

 info@caledonfm.co.za

Saterdag, 19 Oktober 2019

Nou op die Lug

Pieter Cloete
Program:Maroela Media Afrikaanse Top 20
Broadcaster:Pieter Cloete
15:00 - 16:00

CALEDON FM NASIONALE BRAAI DAG

Category
CFM OVERBERG EVENT
Date
2019-09-21 10:00
Venue
Agalus Braai terein - Suid Afrika
Telephone
+27727659027
Email
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Kom geniet hierdie dag saam met jou hele gesin en Caledon FM

ten bate van liefdadigheid.

 

Bring asb jou eie braai en al jou benodigdhede, stoele, tafels, sambreel en windskerm.

 

10H00             : Opening deur Mr P Swart

10H15             : Aansteek van vure en Bedanking

12H30             : Beoordeling van geregte

                          Voorgereg

                          Hoofgereg ( Braai Koning of Koninging)

                          Nagereg

16H00             : Prysuitdeling.

 

Reels:

Alle bestandele vir vuur en geregte word deur u self verskaf

Alle geregte moet op vuur voorberei word op terrein.

Geregte moet ingeskryf word voor 11H00 vir beoordeling.

Beoordeling van geregte op tyd.

Een bord van elke gereg vir beoordeling.

Beoordeelaars se beslissing is finaal.

 

Alle besoekers en braaiers besoek terein op eie risiko, noodhulp sal beskikbaar wees vir die dag

 

Vermaak;

CFM  buiteuitsending

Plaaslike kunstenaars.

 

FNB - Tak Kode          200412

Loopende Rekening    62555700501(current account)

Verwysing: Braaidag + Naam

Stuur bewys van betaling  na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of

WhatsApp na 0727659027

 

Geen alkhol misbruik of wangedrag sal toegelaat word nie

 

Caledon FM Bedank U vir die Ondersteuning

 
 

All Dates

  • 2019-09-21 10:00

Powered by iCagenda

Wat gebeur waar

Ma Di Wo Do Vr Sa So
26
Datum : 2019-10-26

CFM FACEBOOK

Nuutste Resepte

Ghoelasjsop

 

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers.

Vandag se resep is uit die publikasie “50 Boerekosgeregte” is verskaf

Met komplimente van LAPA Uitgewers en is 'n samestelling van resepte deur LAPA uitgewers

 

 

 

Ghoelasjsop

6-8 porsies

 

1 kg dikrib

45 ml (3E) kanola-olie

2 uie, fyngekap

2 Knoffelhuisies, fyngekap

20 ml (4T) gerookte paprika

15 ml (1t) suiker

30 ml (2e) tamatiepasta

250 ml (1k) rooiwyn

2.25 L beesvleisaftreksel

4 wortels, geskil en in skyfies gesny

4 ryp tamaties, skil en gekap

1 bouquet garni

5 ml (1t) sout

5 ml (1t) varsgemaalde swartpeper

1 rooi soetrissie, ontpit en repies gesny

125 ml (1/2 k) room

 

Metode:

1. Sny enige sigbare vet van die vleis af en sny die vleis dan in blokkies van 2.5 cm.

2. Verhit die olie in n swaarboomkastrol en soteer die uie en knoffel vir ongeveer 5 minute tot sag en deurskynend is.

3. Voeg die blokkies vleis by die uie en braai dit effens.

4. Roer die paprika deur die vleis en maak seker dat uie en vleis goed daarmee bedek is.

5. Roer meel, suiker, tamatiepasta, rooiwyn en aftreksel deur die vleismengsel.

6. Voeg die wortels, tamaties, bouquet garni, sout en swartpeper by. Verhit die sop tot kookpunt, plaas die deksel op en laat dit vir ongeveer 2uur liggies prut tot die vleis sag is.

7. Blansjeer die soetrissierepies en voeg twee-derdes van die repies by die sop. Laat die sop vir nog 15 minute prut.

8. Verwyder die bouquet garni uit die sop en roer die room deur. Garneer met die oorblywende soetrissierepies en bedien dadelik.