Sondag, 22 September 2019

Ons kalender is 'n GRATIS diens wat CFM aan die gemeenskap lewer. Laai gerus jou gebeurtenis hier om GRATIS blootstelling te kry. Ons Kalender word 2 keer per dag op #CFM geadverteer.

Maandae tot Vrydae - 17:30 as flitse en om 09:30 volledige besonderhede van week se gebeurtenisse

Alle plasing van gebeurtenisse is onderhewig aan goedkeuring van die administrateur en sal eers na goedkeuring op die bladsy vertoon.

STANFORD MARKDAG

Category
BAZAAR / FEES / MARK
Date
2019-09-28 11:00
Venue
Stanford Markplein
Telephone
084-501-3789
Email
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Die Christen Gemeenskapsbediening van Stanford vier hulle jaarlikse MARKDAG saam met die Stanford Festival/Mardi Gras op die Stanford Markplein.  Kom geniet die dag saam met ons!

Tuisgemaakte lekkernye te kies en te keur sluit in:

  • Braaivleis, potjiekos, wilds/hoender pasteie, verpakte rou vleis uit die kontrei, pannekoeke en 'n keur van poedings, koeke en terte.
  • Daar sal ook 'n springkasteel en 'n verskeidenheid van kinder aktiwiteite reg deur die dag plaasvind.  Los jou kinders daar en kom geniet 'n blaaskansie in die teetuin.
  • Die wit olifant tafel beloof uitmuntende winskopies, so bring genoeg kontant saam!
  • Enige persoon wat belangstel om ook 'n stalletjie met tuisgemaakte kontrei produkte op te slaan, is welkom om met Johan van Zyl te skakel. 
 
 

All Dates

  • 2019-09-28 11:00

Powered by iCagenda