Maandag, 18 November 2019

Ons kalender is 'n GRATIS diens wat CFM aan die gemeenskap lewer. Laai gerus jou gebeurtenis hier om GRATIS blootstelling te kry. Ons Kalender word 2 keer per dag op #CFM geadverteer.

Maandae tot Vrydae - 17:30 as flitse en om 09:30 volledige besonderhede van week se gebeurtenisse

Alle plasing van gebeurtenisse is onderhewig aan goedkeuring van die administrateur en sal eers na goedkeuring op die bladsy vertoon.

MUSIKALE FEESKONSERT HERMANUS

Category
GEMEENSKAP
Date
2019-11-15 18:00
Venue
NG Moederkerk Hermanus
Telephone
028 313 00 33
Email
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

 

Goeie dag.  My naam is Anet Coetzee van Hermanus.

 

Ek wil graag vertel van die groot Musiekkonsert wat ons kerk gaan hou op 15 November in die NG Moederkerk te Hermanus.

 

Ons kerk is die GEREFORMEERDE KERK IN SANDBAAI en ons gemeente is nou 20 jaar oud.  Ons vier dit graag met n Musiekkonsert en ’n vingerete.  Ons kerk het nou te klein geword en daar moet aangebou word.  So die opbrengs van die konsert sal gaan vir die boufonds.

 

Kaartjies sal beskikbaar wees by die kerkkantoor van die NG Moederkerk in Hermanus en hulle telefoonnommer is 028 312 3904.

 

As u meer wil weet, skakel my (Anet) gerus op 028-3130033 gedurende kantoorure.  Ek het ook kaartjies beskikbaar.

 

Dit gaan sommer 'n uithaler-konsert wees!  Dankie en groete aan al die luisteraars.

 
 

All Dates

  • 2019-11-15 18:00

Powered by iCagenda